Eva Ahnert-Rohlfs

Eva Ahnert-Rohlfs
Gebore 11 Augustus 1912
Coburg (Hertogdom Saxe-Coburg-Gotha)
Oorlede 9 Maart 1954
Sonneberg
Nasionaliteit Duitser
Vakgebied Sterrekunde
Instelling(s) Sonneberg Observatorium
Alma mater Universiteit van Göttingen / Universiteit van Jena
Beïnvloed deur Cuno Hoffmeister

Eva Ahnert-Rohlfs (11 Augustus 1912 - 9 Maart 1954) was 'n Duitse sterrekundige. Sy het belangrike waarnemings van veranderlike sterre gemaak.

Ahner-Rohlfs is in Coburg (Hertogdom Saxe-Coburg-Gotha) gebore. Sy het vanaf 1931 tot 1933 in Würzburg, München en Kiel studeer. Na nege jaar waar sy van die beroep onttrek het om aandag aan haar gesinslewe te wy, het sy vanaf 1942 tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog aan die Universiteit van Göttingen gestudeer. Vanaf 1945 het sy nou saam met professor Cuno Hoffmeister as assistent sterrekundige by die Sonneberg-sterrewag gewerk. In 1951 het sy 'n doktorsgraad in astrofisika van die Universiteit van Jena ontvang. By die Sonneberg-observatorium ontmoet Eva Rohlfs die sterrekundige Paul Oswald Ahnert, en hulle het in 1952 getrou. Eva Ahnert-Rohlfs is op 41 jarige ouderdom in Sonneberg oorlede.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy